Doodgewone Aand

Lyrics

die hartseer lê vlak
en is yl gesaai
deur die blare
wind verwaai

ek wapper dapper
ek wapper dapper

sluk jou trane skattebol
want jy is beter
as die geroesmoes
in hierdie plek
kyk dis amper skemer
voel die aarde draai in unisoon
dis oë verblindery
dit wat jy is
is jy

dis die gejaag wat ons naar maak
te veel al hierdie jaar verloor
ek soek 'n miljoen rand
toe 'n miljoen rand
nog 'n miljoen rand was
'n wentelbaan wat draai in unisoon

ek kul jou hart
ek kon jou hart voel klop
deur die spierwit lig
soos 'n spierwit lig
jy weet ons praat nie meer nie
in plaas van droom
bekommer ons
ons oor die dood

dood normaal
dood nugter
doodgewone aand
doodmoeg
ontnugter
'n doodgewone aand