Wilder As Die Wildtuin
Supra Familias: SF010 (2011)

Wilder as die Wildtuin
daar word gewoonlik slegs twee benodig
daar's 'n pols wat kan ontplof
wanneer laas halsoorkop
'n hartaanval vol domkrag
'n kop wat stop
kom ons raak wilder as die wildtuin
'n stokou, klipharde geraas
'n vuurpyl wat die mensdom rond en bont jaag
kom ons raak wilder as die wildtuin
skep jou asem
totaal en al lendelam
wilder as die wildtuin
maak liewer jou oë toe
daar is geen diamante in my hande nie
dit wat daar is in oorvloed
'n ongemaklike situasie
ons kan vir ewig eerder onsself verbeel
ons kan vir ewig eerder dieselfde speletjie speel
want hierdie is nie perde koop nie
dis nie perde koop hierdie nie
daar word gewoonlik slegs twee benodig
Buitenste Ruim
almal het demone wat in hul is
ek probeer al lankal om die verlede af te skud
en uit te wis
ek wonder soms waar jy ook is
met een voet in die dryfsand
en die ander wat probeer om balans te vind
is dit uit die ruimte
waar ons vandaan kom
ons ouers
hoe ons met pyn klaarkom
wat ons met mekaar deel
en waar ons speel
die laaste bedryf waarin ek die hoofrol speel
ek gee my beste
net partykeer
oudstes en enigstes
net wat die tyd sal leer
is dit in die reise
en die plekke
geen bestemming
dis mos ekke
Verlore Stilte
sitvlak, sit sag
hard, sag
slaap, seer
doen dit weer
vir die hoeveelste keer
in my dra ek wonde
waarvan die oorsaak is soek
heel moontlik weggebêre
in 'n stofbedekte boek
van ons lagge kom huile
kom ons bou 'n huis in die berge
los ons vuilstreke
in 'n verre, vae verlede
elke spoor wat ek verloor
laat my met een minder oor
elke spoor wat ek verloor*
verlore stilte aan 'n dowwe gedreun
'n leuen vir 'n leuen
vind my gemoedsrus in die suurreën
neon-bestraling wat my toestand ondersteun
'n leuen vir 'n leuen
vind my gemoedsrus in die suurreën
die plastieksade is geplant
en onder tupperware-bome
is ons grootgemaak
ek mis my tyd
ek mis die son wat skyn op ons straat
en kinders wat spoorsny
tevergeefs
voete kan geen indruk op teer nalaat
van ons lagge kom huile
kom ons bou 'n huis in die berge
los ons aapstreke
in 'n verre vry verlede
* Koos du Plessis - Diagnose
en Verlies
uit Skink nog 'n uur in my glas
Heel Te Mal
al die mense wat hier uithang maak my bang
al voel ek deesdae nie besonder teenwoordig nie
ons skuld ons einde aan die aarde
aan die topografie
o, die ironie
nie besonder teenwoordig nie
al wou mens
al sou mens
is daar altyd iets wat in die pad kom staan
reg in die middel van die pad kom staan
al wou mens
al sou mens
is daar altyd iets wat in die pad kom dans
reg in die middel van die pad kom dans
heeltemal anders as ander dae
heel te mal
voel ek die nag se kloue kom
voel ek die nag se kloue kom vir my
heeltemal anders as ander dae
voel ek die nag se kloue heeltemal
kraakvars
jou das is jou harnas
dis dié dat jy saggies moet stap
en wees net waar jy is
onder daai harde vel
sal jou mense jou mis
al wou ek
al sou ek
is daar altyd iets wat in die pad kom staan
reg in die middel van die pad kom staan
en al wou ek
al sou ek
is daar altyd iets wat in die pad kom dans
dis altyd ek wat in my eie pad kom dans
al die mense wat hier uithang maak my bang
Waar Die Hel Uitkom
dis daar waar die hel uitkom
met my mond op my mou
op die punt van my tong
seil 'n slang deur die lang gras
slange gevang in die lang gras
soos die kraai vlieg
soos die spinnekop spin
soos die tier spring
en die bok kwes
soos die kinders is
as ons kinders is
as ons kinders is
dis daar waar die hel uitkom
dit het net eenkeer gebeur
in die koel bries van 'n middaguur
is die enigste iets wat ons van hom weet
hierdie bloekomboomblaar
wat saam met die ander blare baljaar
dinge wat jy miskyk sal altyd in opstand kom
die kleinste ding wat jy miskyk
sal in opstand kom
In En Uit
haar vel was bleek
bleek deurskynende leer
haar lippe
tong
en oë was skerp
net soos 'n akkedis s'n
partykeer wou ek die masjien afsit
net om te kyk wat gebeur
in en uit
en eendag was sy weg
in en uit
ek kry koud op my eie
soms baklei ons tot oneinde
dit klink vir my presies dieselfde
as my ouers wat gil deur die huis se gange
kry jy ook koud op jou eie
soms baklei ons tot oneinde
dit klink vir my presies dieselfde
as ons ouers wat gil deur die huis se se gange
sy't net daar gesit
swaar haar asem
longmasjien
in 'n half muf, half muf sitkamer
masker met pensioenfonds gehuur
daar te sit
op jou stoel met jou bloed wat vir jou staar
onder 'n deken wat na bedpan ruik
en eendag was sy weg
in en uit
"Julle is in ons gebede.
Ons is met julle."
Verwag My Terug
ek onthou dat ek net jou hand vas wou hou
al was die ligte af
elektrisiteit toe jy aan my raak
'n silwerstroom
kristalhelder dagdroom
die trane val
uit my blou
ek wil net onthou
hoe ek net jou hand
vas wou hou
vat my terug
donderbuis
koop vir my tyd
kan ek net onthou
hoe jy ook my hand
vas wou hou
vat my terug
dat ek nog 'n kans kry
dit voel soms soos 'n reënboog
en soms soos 'n bom
soms soos 'n vals noot
en soms soos 'n wolf
'n silwerstroom
kristalhelder dagdroom
terwyl ons vry
vlieg daar vliegtuie in torings vas
en wis ons al die diere in die see uit
as ons baklei, is ek bly
wanneer dit verby is
as ons baklei, is ek bly
dit is verby
Nog 'n Jaar
die skarniere kraak en kreun al weer
na die roes van die jare
die deur slaan toe op sy knip
asof dit nie genoeg is nie
boonop beledig, beseer
ek het opgestaan en see toe geloop
en al was dit kalm het ek jou hoor weergalm
sy sê sy't 'n vakansie nodig
en of ek haar kan uithelp
partykeer gebeur al's gelyktydig
sal ek haar vinnig kan uithelp
voor jy jou oë kon uitvee
het ons nog 'n jaar kafgedraf
voor jy jou oë kon uitvee
regresseer ons in 'n japtrap
die kern van die saak bly staan
as die nood druk
het ons almal brood broodnodig
ons kan soos sakemanne
sonder rym of rede
ons pond vleis probeer eis
wie sal dan so rondstaan vir kwaadgeld
as jou aktetas en gemoedstoestand
uit hul nate uit bars
Modus Operandi
ons gee nie werklik om nie
maar ons wil
'n dwase lawaai op jou oordrom
ek belowe
nix tel nie
wat is jou modus operandi
al's gaan ingee
al's moet ingee
tot dan sal ek hard skree
met al's wat ons het, intree
altyd ewenaar
albei altwee
voor ek ingee
al's finaal en al ingee
slaan my om
trek my saam met jou in
is dit makliker om te verdwyn
as om van voor te begin
voorbereid
noukeurigheid
spanningsvol
verbeter
vir steek-seker
wat beteken modus operandi
plan van aksie
Los My Uit
in ons verbeeldings begin ons verantwoordelikheid
vryheid los my uit
ek wens die bande bars
dit sal ons help vanaf die wal
tot in die bodem van die sloot in vas
ons ontwaak wanneer die son agter die berge sak
en ons gaan slaap wanneer ander mense begin draf
wanneer is genoeg ooit genoeg?
altyd die heeltyd
Wind En Weer
ek het jou vergeet by die agterdeur
jou weer opgetel toe ek arriveer
al die garing wat jou aanmekaar hou
losgetorring
te hard hanteer
my blinkoog lappop gelos
om buite te slaap
tussen wind en weer
Mangemaak
saamspan
saamval
deur dik en dun vermink
uitskakel, afskakel
afval, uitval
afgrond, opstaan, opdaag
mangemaak
uiters mangemaak
ek wens nou weer ek was nie
'n grootmens nie
ek wil nie meer nie
wat anders kan ek doen
ek wil jou net op jou voorkop soen
en ek wens nou weer ek was nie
'n grootmens nie
ek wens nou weer ek was nie
ek kan nie meer nie
ekstaties
dat jy is
ek sit dalk die pot mis
of het ek myself misgis
ek kan nie meer nie
ek kan nie meer nie
Wonder Bo Wonder
jy kan sê dis al's per toeval
dis maar hoe dit is
twee mense wat mekaar ontmoet
deur die noodlot so beslis
ek was al vantevore
hier waar ons ons bevind
waar mens ewigdurig trou beloof
maar jy's later onbemind
maar jy krap my soos die maan
die gety se eb en vloed
jy laat my dalk weer glo
en jy gee my dalk weer moed
wonder bo wonder
uiteraard onbeplan
hoe vat ons nou hierdie ding verder?
en hoe keer ons dit dan?
wonder bo wonder
uiteraard onbeman
as alles weer in mekaar inval
sal jy my oortuig
om die stukke weer op te tel
so word 'n mens versigtig
so word mens katvoet wys
as almal iewers heengaan
bly mens dikwels tuis
het ek later te veel letsels
wat soos soeweniers die hart
laat huiwer en versigtig maak
jy hou hom liefs apart
Wilder as die Wildtuin II
hier's 'n rowwe, rou ongemak
ek smaak jou praat
liedjies soos homemade hamburgers maak
sitplek, slaap
braak
speel-speel
stokkies gedraai
almal welbedeeld
Donkerdoef, Gorra-sluk
skoongewas in pajamajas
en skoon vergeet van Moeggepraat en "doppies blaas"
na die nag se lang gespys
en die stad se statiese neurie
wat in die dagmoeders van De Waalpark se ore suis
ek wil net 'n toeskouer wees
ongeaffekteerd
as sulks slim suigeling
na die halfeindstryd deurgedring
'n ten-spyte-van besluit
hierdie oortrokke fasiliteit
begrotings is grootliks die groeipyn
steek my weg
steek my weg waar
daar waar die nag se wimpers
my nie meer kan verlei nie
hou vir my die lig aan voor jy uitgaan
wilder as die wildtuin
'n stokou, klipharde geraas
'n vuurgloed wat die mensdom rond en bont jaag
wilder as die wildtuin